Ploeg Jy

Ploeg Jy

Ricus ken 'n resep wat werk. Hier is sy nuwe liedjies en verwerkings van ou bekendes en ook 'n keurspel wat die gedagtes jare terug sal neem. Hy wou baie, baie lig gegaan het met die album Ploeg Jy? en 'n wegkom bied van die swaar tye wat oor mense se koppe hang. Hy wou hê almal moet vergeet van hulle probleme. Die liedjies maak dit 'n kuier album met baie skerp komedie, lekker saam dans en 'n kans om net vir 'n slag weer goed te kan lag. Die album is opgeneem vanaf Maart 2021 te midde van die pandemie. Ricus was self vervaardiger en regisseur in sy eie Hardekole ateljee. Al die instrumente speel hy self, en hy kon sy tyd vat om als te doen totdat hy tevrede was met elke opname en die eindproduk. Hy sê: "Dit was eensaam, maar tog lekker tydens Covid. En die span by Coleske Artists het verskriklik baie gehelp, en veral uitgeblink met die vooraf bemarking en die maak van die musiekvideo van 'Ploeg Jy' (die titelsnit)". Ploeg Jy? "Dis baie tong-in-die-kies. Met die sukses wat ek gehad het met 'Boerepompie', het ek gedog... kom ek gee vir die mense nog so bietjie. Van die lirieke het dubbelsinnige betekenisse maar is soet genoeg dat die kinders kan saamsing. Dit gaan oor 'n boer op die plaas, not good looking, maar al die Boervrouens hou van hom, want hy het die grootste trekker in die omgewing.” Marico Mampoer "Dis 'n idee wat ek gekry het van 'n ou oom, Piet-Rympie Swanepoel. Hy het altyd sulke bosveld gedige geskryf en hierdie is 'n gedig van hom wat ek getoonset het. Mampoer kom amper oorspronklik van Groot Marico af, en nou nog as die toeriste in SA kom, gaan hulle Marico toe om mampoer te proe. En die liedjie vertel vir jou wát daai mampoer alles aan jou kan doen.” Mamma Ek Wil 'n Vrou Hê "Die liedjie is vir my geskryf deur Johan Oberholzer (sanger, liedjieskrywer en komponis). Hy ken my al baie jare, en verstaan my sin vir humor. Ek het nogal gesukkel om 'n vrou te kry. Enige goeie Boerseun wil 'n vrou hê wat soos sy Ma is. En toe kry ek haar! Maar, voor haar, noem ek nou bietjie van die name op wat in 'n ou se lewe was... en ek kon nie gekies kry nie. Maar ja, elke pot het sy deksel.” Die Dae Van Die Ysterwiel Kruiwa "Dis 'n ou 'gem' van 'n song wat deur wyle Zirk Bergh geskryf was. Hy het altyd die liedjie gesing by die KKNK, Aardklop en al die feeste, dan het ek altyd die ou dopgehou. Sy sin vir humor wat hy deurbring in sy lirieke, was vir my net 'incredible'. Ek het een van my gunstelinge deur hom, afgestof, en nuwe bloed en geur gegee. Hopelik hou mense van die liedjie.” Leon Schuster Medley: Amanzimtoti / Die Rugby Onthaal / Swem Jannie Swem "Van die 80s af al het die ou my so gefassineer. Maar wat die mense nie weet nie, is dat hy 'n ongelooflike skrywer is, en hy het goeie musiek uitgebring. Ek het besluit ek wil sy ou goed bietjie ook afstof, en bietjie hulde aan hom bring. Ek het van sy songs gevat voor die 1995 World Cup soos 'Die Manne Van Die Rugby Onthaal' en 'Swem Jannie Swem' en dit in 'n lekker keurspel gesit.” Karavaan "Baie mense soos ek, het grootgeword in 'n huis waar die Pa 'n karavaan gehad het. Dit is maar jou huis, weg van die huis af. Jy sleep hom, parkeer waar jy wil, en jy kamp daar. Dit gaan oor 'n ou en sy vrou wat ontmoet het in 'n kampterrein, en verlief geraak het, en die land deurgetoer het. Later is hulle getroud. Dit vertel net 'n baie mooi storie.” Ring Of Fire "Ek het al 'n volle Country album uitgebring. Omdat ek nou al reeds al Don Williams se goed ge-cover het, het ek besluit om my gunsteling liedjie van Johnny Cash die keer te probeer. En hy het goed uitgekom! Ek kan nie wag dat die mense hoor wat gebeur het nie.” Game Day (feat. Radioraps) "Dis 'n song wat ek saam met Radio Raps (mense ken hom as Jonathan, die ou grapjas) gedoen het. Wat mense nie weet nie, is, hy sing baie mooi, en hy is my buurman. So, ek en hy het in lockdown gesit en gesê ons moet 'n liedjie saam doen. Die liedjie gaan alleenlik oor rugby."

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada